Dié studente van die Junbukan-dojo in Strand het onlangs aan die Westelike Provinsie-vegkunsfederasie se 2022-kompetisie deelgeneem. Nege studente van die plaaslike dojo het in kata en kumite deelgeneem en 16 medaljes huis toe gebring. Al nege studente het ook hul Boland-kleure verwerf. Die Junbukan-dojo is in die Strand-buurtwagsaal in Masonicstraat, Strand, geleë. Klasse word Maandae en Donderdae van 18:00 tot 19:30 aangebied. Belangstellendes kan sensei Stefan Koekemoer via WhatsApp by 079 849 5291 kontak.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article