Die Hoërskool Strand was die naaswenner in die nasionale Frogfoot-sewestoernooi, waar die Arende in die eindronde 19-14 teen die Hoërskool Duineveld van Upington vasgeval het. Die skool is ongelooflik trots op hierdie rugbyseuns. Dit is die eerste keer dat hulle aan ’n nasionale sewestoernooi deelneem en só goed vaar. Hulle het in die punteronde die verdedigende kampioen, Secunda, met 26-0 kafgedraf. Die plaaslike span moes hulle met 14 of meer punte wen om vir die halfeindronde te kwalifiseer. In die halfeindronde het hulle in ’n harde wedstryd teen die Hoërskool Pietersburg geseëvier en die wedstryd met 19-14 gewen. Dankie aan elkeen se ondersteuning wat dit moontlik gemaak het. Spesiale dank gaan ook aan die borge: MBT Petroleum, African Extracts Rooibos en Lekker Biltong. Van links, is Darren Dramat, Na-Eem Adams, Chrismar Prinsloo, Lyle Julies en Uwen Januarie