Maatskaplike werkers van die Strand-tak van Badisa is op soek na die biologiese ouers van kinders in die Strand-, Lwandle- en Gordonsbaai-omgewing.
Hulle versoek die hulp van die gemeenskap om Liezel Klein, die biologiese ma van Keathan en Kayleigh Klein, op te spoor, asook Mdonza Ndlovo, Keathan se biologiese pa, en Ross Soya, Kayleigh se biologiese pa. Ndlovo is glo van die Lwandle-gebied en Soya van Gordonsbaai.
Enigeen met inligting oor waar dié ouers hulle bevind, word gevra om Hazel Botto van Badisa Strand by 021 853 1888 of 072 908 8993 te bel.
Botto versoek ook dat Gloudien Blankenberg, ’n inwoner van Strand en die biologiese ma van Cassidy, Regenia en Mohiso Blankenberg en Landon Daniels om dringend by die Badisa-kantoor in Libertystraat, Rusthof, aan te meld.

