Die Stad Kaapstad het Donderdag (29 Mei) nog ‘n belangrike mylpaal by die Macassar-mega-behuisingsprojek behaal toe nog 29 huise amptelik aan verdienstelike begunstigdes oorhandig is. Die projek, wat teen ongeveer R800 miljoen gewaardeer is, beoog om altesaam 2 469 behuisingsgeleenthede in drie fases aan kwalifiserende begunstigdes te bied. Die Stad bly verbind tot die projek ten spyte van uitdagings soos afdreiging en geweldsdreigemente, met fase 1 waarin 605 eenhede teen Junie voltooi sal wees. Carl Pophaim, die burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings, beklemtoon dat begunstigdes streng volgens die amptelike behuisingstoewysingsbeleid gekies word en sê die projek skep nuwe beginpunte vir gesinne deur samewerking tussen die Stad en gemeenskappe. Bo saam met Pophaim is die Wyk-109-raadslid, Peter Helfrich (links) en een van die begunstigdes, Catherine Kleyn.
Die gelukkige begunstigde Mariëtte Jordaan.

You need to be Logged In to leave a comment.