Die Gustrouw-buurtwag het gedurende die feestyd besluit om vir ’n groep van 15 bejaardes van Gustrouw ’n volwaardige driegang-Kersfees-ete voor te sit. Die bejaardes het Saterdag 17 Desember ’n voorgereg, hoofgereg en nagereg by een van die buurtwaglede se huis in Johaar Adams-straat geniet. Die buurtwag het nie toegelaat dat beurtkrag hul planne in die wiele ry nie en het die bejaardes “uit hul sokkies uit” bederf. “Ons het ook ’n feesdag vir kinders in ons omgewing gehou en hulle omtrent bederf,” het Matilda Willemse, die voorsitter en koördineerder van die Gustrouw-buurtwag, gesê. Foto:


You need to be Logged In to leave a comment.