Hierdie groep Strand-inwoners het verlede Woensdag (19 Oktober) ’n ouerleiding-werksessie by die Beverly Hills Life Change-sentrum in Webbstraat bygewoon en dit insiggewend gevind. Badisa en Smart (Substance Misuse: Advocacy, Research, Training) het dit aangebied. “Ek ervaar eerstehands die ongelooflike effek wat dwelmmisbruik en alkohol op talle kinders, tieners en huisgesinne wat met dié probleem worstel, het. Dit het die werksessie genoodsaak. Die hoofdoel was om gesinne en die gemeenskap te bemagtig en hulle daardeur in staat te stel om hul familielede wat sukkel met ’n drank- of dwelmprobleem te verstaan, te ondersteun en uit te reik na professionele hulp. Ons wou ook vir hulle die nodige hulpbronne gee om op ’n baie effektiewe wyse die probleem aan te spreek,” het medeorganiseerder Brendyn Alloys gesê. Nikki Arendse, uitvoerende direkteur van Smart, het die werksessie aangebied en dit het gedien as ’n inleidende werksessie vir nog wat volg. Die volgende werksessie vind Woensdag 2 November plaas.

Jamey Gordon

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article