Die Helderberg-rugbyklub pronk met ’n nuwe vrouespan met lede uit die Kom wat ander ywerige spelers nooi om aan te sluit. Die hoofafrigter van die nuutgevormde span is die bekende Anni Pretorius, wat self ’n paar jaar vir die Bloubul- en Springbok-vrouespan uitgedraf het. Die span het sterk spelers, onder wie Shaunqiue Hess, ’n voormalige Westelike Provinsie-speler, en haar suster, Bronisha Hess, wat die afgelope drie jaar as aanwins vir die WP se o.16- en o.18-spanne onderskeidelik gespeel het en ook in die onlangse Craven-week naam gemaak het. Nog twee susters, Shai-Lynn en Anuschka Ekron, was onderskeidelik in die WP o.15-span en die WP o.18-span. Anuschka is in Julie vir die o.19-Bokkamp gekies.Belangstellendes wat as voornemende speler wil aansluit, kan Adele by 071 629 8995 bel.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article