Berge kry eie vrouerugbyspan

Die Helderberg-rugbyklub pronk met ’n nuwe vrouespan met lede uit die Kom wat ander ywerige spelers nooi om aan te sluit. Die hoofafrigter van die nuutgevormde span is die bekende Anni Pretorius, wat self ’n paar jaar vir die Bloubul- en Springbok-vrouespan uitgedraf het.