Nie eens ‘n besering verlede jaar kon Mia Kanka van Strand keer nie. Nou het diรฉ leerder van Rusthof Sekondรชre Skool haar droom met ‘n plek in die eerste Suid-Afrikaanse o.16-elite-spelerontwikkeling- rugbykamp vir meisies verwesenlik.
Die kamp word van Sondag 5โtot Saterdag 11 Oktober in Paarl aangebied.
“My doelwit verlede jaar was om die provinsie te verteenwoordig, maar ek is weens besering nie gekies nie.”
Mia het vanjaar besluit om harder as ooit tevore te werk. Diรฉ volharding het vrugte afgewerp toe sy gekies is om in Junie die Westelike Provinsie se o.16-span by die nasionale FNB-o.16-meisiesweek in Johannesburg te verteenwoordig.

Sy speel rugby sedert 12-jarige ouderdom toe sy deur die kontak-aspek van die sport gelok is. Sy kan losskakel speel, maar haar gunstelingposisie is binnesenter. “Senter is lekker vir my, want ek kan kontak maak en lyne breek,” verduidelik sy.
Mia het haar span gehelp om twee oorwinnings te behaal โ 88-0 teen die Leopards en 14-7 teen die Oos-Kaap โ voordat hulle in hul laaste wedstryd met 7-17 teen die Goue Leeus verloor het.
Diรฉ binnesenter het haar rugbyloopbaan by Gordon’s Bay Pioneers begin voordat sy na die Up & Under-rugbyklub oorgeskuif het.
“Vandat ek by Up & Under aangesluit het, het my rugbyloopbaan verbeter, want ek oefen en speel nou gereeld,” verduidelik sy.
Haar uitstaande prestasie het gelei tot haar insluiting as een van slegs 60 mei-
sie-rugbyspelers vir die nasionale kamp volgende maand. Sy sien uit na die kamp omdat sy met nasionale afrigters kan werk en nuwe dinge kan leer.
Mia hoop sy kan eendag internasionale rugby speel.



You must be logged in to post a comment.