Bestuurder sterf in vlammehel ná botsing

Die Gordonsbaai-polisie het ’n geregtelike doodsondersoek geopen nadat die bestuurder van ’n Volkswagen Polo-sedan Maandagoggend (4 Desember) op die N2 naby die Shell-garage anderkant Sir Lowry’s Pass beheer oor die voertuig verloor en verongeluk het. Volgens ’n polisiewoordvoerder het die bestuurder glo teen die vibracrete-muur gebots en het die voertuig kort hierna in vlamme uitgebars.