Zandré du Toit, bobaas-toutrekker van die Hoërskool Strand wat voorverlede Maandagaand (20 Maart) in ’n ongeluk beseer is, sterk tans tuis aan. Dié gr. 11-Arend is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem nadat ’n Honda Civic-motor voor sy Honda XR-motorfiets ingedraai en die twee voertuie gebots het. Die 17-jarige slagoffer was ’n lid van die 600 kg- WP-span wat Vrydag 24 en Saterdag 25 Maart aan die Nasionale Toutrekkampioenskap in Swellendam gaan deelneem het (“Top-toutrekker in botsing beseer,” Distrikspos & Helderberg Gazette, 29 Maart). Hy moes ná die botsing verskeie operasies ondergaan, insluitend een weens ’n fraktuur aan sy femur, en het ’n lang pad na herstel. “Ek is moeg en ongemaklik. Dis vir my sleg om die hele dag te lê. Dit was glad nie lekker om die SA’s te mis nie, maar ek weet daar was ’n doel. Ek wil nou net weer loop, skool toe gaan en toutrek,” sê Zandré, wat Donderdag (30 Maart) uit die hospitaal ontslaan is en moontlik vir die volgende ses tot agt weke op krukke sal wees. Zandré se familie het kort ná sy ongeluk ’n Backabuddy-veldtog begin om R50 000 vir sy behandeling in te samel. “Ons is dankbaar vir elke sent wat ingesamel word,” het sy ma, Adrie, gesê. “Ek glo die Here sal seker maak dat ons seu


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article