Bobaas-toutrekker ná botsing hoopvol vir toekoms

Zandré du Toit, bobaas-toutrekker van die Hoërskool Strand wat voorverlede Maandagaand (20 Maart) in ’n ongeluk beseer is, sterk tans tuis aan. Dié gr.?11-Arend is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem nadat ’n Honda Civic-motor voor sy Honda XR-motorfiets ingedraai en die twee voertuie gebots het.