‘Bom-squad’ huldig Sir Lowry’s Pass-rugbyhelde

Sir Lowry’s Pass se Brotherhood of Men, oftewel die “Bom-squad”, het die afgelope Saterdag (5 April) weer eens bymekaargekom. Dié keer was die doel om erkenning te gee aan plaaslike legendariese en voormalige spelers wat ‘n beduidende invloed op die rugbyveld gehad het.


Sir Lowry’s Pass se Brotherhood of Men, oftewel die “Bom-squad”, het die afgelope Saterdag (5 April) weer eens bymekaargekom. Dié keer was die doel om erkenning te gee aan plaaslike legendariese en voormalige
spelers wat ‘n beduidende invloed op die rugbyveld gehad het. Die spesiale geleentheid het in
Sir Lowry’s Pass Primêre Skool se saal plaasgevind en is deur die gemeenskap se eie Blitzbok-ster,
Gino Cupido, as eregas bygewoon. Altesaam 22 oudspelers is by die geleentheid gehuldig en het die kans gekry om met Sir Lowry’s Pass se nuwe rugbytrots, wat hulle by die saal hartlik verwelkom het nadat hulle in pronk-rygoed daar aangekom het, skouers te skuur. Hier is die skitterende rugby-ster Gino Cupido agter die stuur van een van die sportmotors, met die eregas Reginald van Reenen aan sy sy. Foto’s Jamey Gordon.
Gino Cupido het bladgeskud met Charles Klink, die oudste eregas wat by die geleentheid vereer is. Dié 91-jarige het met pure genot stories gedeel en met sy destydse knap skopvaardighede gespog.
Elke eregas is met ‘n sertifikaat en ‘n spesiaal ontwerpte T-hemp vereer. Agter (van links) is Wallace Petersen, Dennis Damons, Roy de Morney, Roy Thomas, Ivan Pool, Reginald van Reenen, Robert Abrahams, Gino Cupido, Neville de Morney, William Baadjies, Leonard Louw, George Roziers, Daniel Valentine en Ronald Damons. Voor: Bernard Wentzel, Dennis Abrahams, William Hindley, Charles Klink, Harry Paulse en Charles Simons. Afwesig: Henry Abrahams, Lionel Paulse en Jacobus Roziers.
Gino Cupido is deur sy trotse ma, Zelna na die geleentheid vergesel.
Bernard Wentzel is een van die voormalige spelers wat erkenning vir sy bydrae tot die sport ontvang het. Die gerespekteerde senior het die rit in die sportmotor terdeë geniet.
Ewald Eksteen, Rob de Lange, Duncan Roziers, Radley Macdonald, Mark Thomas, Frampton Gaffley, Eustace de Wee, Hilton Moitse, Cedrick Brinkhuis, Wilbur Beukes en Keithan Meyer het gesorg vir die spoggerige aankoms met die sportvoertuie en die gehuldigdes in vervoering gebring.
Met ‘n warm en hartlike verwelkoming het Wilbur Hindley, voorsitter van die Bom-squad, almal by die geleentheid gegroet.
Enzo Hindley, lid van die Bom-squad, het die geleentheid op ‘n gepaste wyse met ‘n gebed ingelui.
Alastir Robyntjies het die gaste as programdirekteur verheug.
Gregory Havenga (links) het verduidelik die geleentheid was deel van die “Bom-squad” (op die foto) se visie en missie om uit broederskap vir mekaar en ander om te gee en uit te reik na diegene wat ‘n helpende hand nodig het. Die “Bom-squad” bestaan uit ‘n groep vriende, broers en oudrugbyspelers wat byna almal in Sir Lowry’s Pass gebore is, daar grootgeword het en al jare ‘n pad saam loop.
Havelin Hindley, wat die geleentheid as eregas en onder- steuner bygewoon het, het die gehul- digdes erken vir hul opofferings en die waardevolle bydraes wat hulle oor die dekades heen gele- wer het. “Dankie dat julle gehardloop het sodat ons kon loop.”
Fritz Visser, president van Sir Lowrians RFC, het die rugbylegen- des en oudspelers toegespreek en sy voor- spoedwense aan hulle oorgedra.

You need to be Logged In to leave a comment.