Brandweer reageer op brand by metaalonderneming in Clarksonstraat
Brandweer reageer op brand by metaalonderneming in Clarksonstraat

‘n Brand by ‘n metaalonderneming in Strand is vroeg vanoggend (Donderdag 3 Julie) vinnig deur die Stad Kaapstad se brandweer-en-reddingsdienste geblus.

Volgens Jermaine Carelse, ‘n woordvoerder vir die departement, het verskeie brandweerspanne sowel as die ongevalle-bestuurspan omstreeks 06:55 op ‘n noodoproep reageer oor ‘n gebou wat in Clarksonstraat deur vlamme verswelg word.

Brandweer reageer op brand by metaalonderneming in Clarksonstraat.
Brandbestryders bekamp die brand by ‘n metaalonderneming in Clarksonstraat, Strand. Credit: Barend Williams

Brandbestryders moes nie net die verwoestende brand blus nie, maar ook die aangrensende geboue in dieselfde straat beskerm. Danksy die spoedige reaksie van die brandweerspanne is geen van die ander eenhede deur die brand beskadig nie.

Carelse het bevestig dat die brand om 10:05 geblus is en niemand in die voorval beseer is nie. ‘n Eenheid wat as berging deur die onderneming gebruik word, het groot skade aan die inhoud en struktuur opgedoen.

  • Verbrande motorhuisdeur met geblakerde oppervlak
  • Verbrande geboue toon uitgebreide skade na brand by metaalonderneming
  • Binnekant van eenheid met verkoelde strukture en brandskade

Carelse het nie kommentaar gelewer oor die oorsaak van die brand nie.

You need to be Logged In to leave a comment.