Die Sercorpark-huisnommerprojek is Saterdag (26 November) in die gebied van stapel gestuur. Die projek is deur Lillian Albertyn van die Somerset Wes/Van der Stel-buurtwag en Rhelton Jooste, die gemeenskapsveiligheid-skakelbeampte van die Stad Kaapstad, in die Strand-gemeenskap afgeskop. Jooste en Albertyn, tesame met ander buurtwagte, het die projek begin om elke huis in Sercorpark se nommers duidelik te verf om die polisie en nooddienste te help om die korrekte woning in ’n noodgeval makliker op te spoor. Die projek sal later in ander Helderberg-gemeenskappe uitgerol word.