Cay-Lee hou Kom se naam hoog op kassie

’n Oud-leerder van die Laerskool Hendrik Louw is onlangs gekies om aan die derde reeks van Kyk wie praat deel te neem. Dit is ’n gewilde program op kykNET (DStv kanaal 144) wat op die Britse televisiereeks Small talk gegrond is.