’n Oud-leerder van die Laerskool Hendrik Louw is onlangs gekies om aan die derde reeks van Kyk wie praat deel te neem. Dit is ’n gewilde program op kykNET (DStv kanaal 144) wat op die Britse televisiereeks Small talk gegrond is. Hierin vermaak die jongspanne die kykers met hul pittige sêgoed. Cay-Lee Joy Francis (9) se ma, Ray-Marie Francis, vertel die gesin, wat onlangs na Kensington verhuis het, se harte was gevul met trots toe hul dogter uit honderde inskrywings vir die derde aflewering van die televisiereeks gekies is. Die opnames is reeds verfilm en sy het Woensdag 6 Desember haar eerste verskyning gemaak in episode 1, gevolg deur episodes 3, 9 en 12 (waarin sy weer haar verskyning maak). “Sy is glad nie skaam nie en sal selfs op ’n Sondag voor met die pastoor gaan praat. Sy neem altyd deel aan gesprekke,” sê haar trotse ma. Op die foto is Ray-Marie en Cay-Lee Joy Francis saam met De Klerk Oelofse, aanbieder van Kyk wie praat.


You need to be Logged In to leave a comment.