CIGK-takhoof David Jacobs oorhandig die beker aan die Young Stars, wenners van die Jeugmaand-netbaltoernooi in Strand
David Jacobs, CIGK Metroukus- en Strand-takhoof, oorhandig die wenbeker aan Young Stars netbalspan na die Jeugdag-toernooi.

CIGK-takhoof David Jacobs oorhandig die beker aan die Young Stars, wenners van die Jeugdag-netbaltoernooi in Strand.
Die Metroukus en Strand-tak van die Cochoqua Inheemse Gemeenskap van die Kaap (CIGK), saam met die Patriotic Alliance, het verlede Woensdag (18 Junie) netbalwedstryde in Rusthof, in die gees van Jeugmaand aangebied. Drie plaaslike netbalspanne – Young Stars, Rising Stars en Empire – het aan die kompetisie deelgeneem. Young Stars is as die kampioen gekroon en het na afloop van die stryd met die beker weggestap. Hierdie Jeugdag-inisiatief was deel van die CIGK se deurlopende pogings om Khoisan-kultuur onder jong mense te bevorder en hulle daarvan bewus te maak. Hier oorhandig die CIGK Metroukus- en Strand-takhoof, David Jacobs, die beker aan die Young Stars, die wenners van die dag.

You need to be Logged In to leave a comment.