Nadat dit etlike maande gesluit was (sedert Erfenisdag se langnaweek op 25 September) is Clarence-rylaan Maandag 11 Desember gedeeltelik heropen vir alledaagse verkeer. Stop-en-ry-punte sal totdat die projek in die derde kwartaal van 2024 voltooi sal wees, gebruik word – ses altesaam – om aan gedeeltes van die pad wat tydens September se groot storms erg beskadig is, te werk. Die provinsiale minister van infrastruktuur, Tertius Simmers, het motoriste, wat die kuspad van Gordonsbaai tot Rooi-Els gaan gebruik, gevra om hoflik en geduldig te wees wanneer hulle by van die stop-en-ry-punte staan en wag. “Aanduidings is dat die herstelwerk tot R80 miljoen gaan beloop, en dit sluit die Palmietbrug, wat ook in die storm beskadig is, in,” voeg Simmers by. Foto: Emile Terblanche


You need to be Logged In to leave a comment.