Clarence-rylaan steeds toe

’n Gedeelte van Clarence-rylaan (kuspad) is sedert verlede Maandag (25 September) gesluit. ’n Storm wat oor die 25ste se langnaweek gewoed het, het veroorsaak dat ’n gedeelte van die kuspad beskadig is en onbegaanbaar is vir verkeer.

’n Gedeelte van Clarence-rylaan (kuspad) is sedert verlede Maandag (25 September) gesluit. ’n Storm wat oor die 25ste se langnaweek gewoed het, het veroorsaak dat ’n gedeelte van die kuspad beskadig is en onbegaanbaar is vir verkeer. Die uitkoms hiervan is dat motoriste nie die pad wat Gordonsbaai en Rooi-Els met mekaar verbind, kan gebruik nie en Sir Lowry’s-pas as alternatiewe roete moet gebruik. Jandré Bakker, ’n woordvoerder van die departement van vervoer en openbare werke, het bevestig Clarence-rylaan sal tot verdere kennisgewing gesluit bly. Die pad is vir deurgang gesluit. Motoriste kan steeds uit Gordonsbaai na PitStop Lodge toe ry, wat sedert Saterdag (30 September) weer oop is vir sake, maar anderkant die eetplek sal motoriste moet omdraai, want daardie stuk van die pad is steeds toe vir verkeer.Foto: Heyns de Waal

Credit: SYSTEM