Kersvader het Vrydag 8 Desember by inwoners van Huis Jan Swart in Strand gedraai! Kobus Galant, ’n weldoener en bode by ’n plaaslike apteek, het dit goedgedink om sy beste Kersvader-uitrusting aan te trek en bejaardes met heerlike lekkernye soos koeldrank, skyfies en roomys wat hartlik geborg is, verras. “Dit was baie lekker om die bejaardes te kon treat en ek moet die bestuur bedank wat dit toegelaat het. Ek bedank ook elkeen van die borge wat die bederf moontlik gemaak het,” sê Galant. Foto: Rick Marais


You need to be Logged In to leave a comment.