Die Glen Graze Animal Rescue Sanctuary het Sondag 29 Januarie ’n meet and greet-saamtrek gehou vir verteenwoordigers van verskeie organisasies wat dierewelsyn op die hart dra, waaronder Help-a-Paw, die Halli-trust en Out the Box, om die toekoms van viervoetige vriende in die Helderberg-kom te bespreek. Volgens die Glen Graze-inspekteur Suzanne Mostert het die gesprekke gegaan oor voortslepende kwessies, probleme en uitdagings wat die goeie werk van die organisasies benadeel. “Ons het idees uitgeruil met private veeartse en hoe ons aan die wedersydse doelwit van sterilisasie van diere in die Helderberg kan saamwerk,” het Mostert gesê. Verder is idees geruil oor die moontlikheid van ’n stilstaande diere-kliniek en die verdeling van werklading met organisasies in ander gebiede. Verteenwoordigers wat die geleentheid bygewoon het, (van links) is Pierre Steyl (Glen Graze), Philippa Ellis, Bryony Curtin (Halli-trust, Out the Box en Little Smarties School), Natalie Brits (Glen Graze), Heidi May (’n bestuurder by die Mdzananda-dierekliniek), Lynton Adams (Mdzananda), Justine Frey (Thrifty Paws) en Gigi Roper met ’n hondjie van Help-a-Paw. Heel voor sit Suzanne Mostert, ’n inspekteur van die Glen Graze Animal Rescue Sanctuary.


You need to be Logged In to leave a comment.