Rola Motors borg vanjaar weer die interskole tussen die Laerskool De Hoop en Beaumont Primêre Skool in Somerset-Wes. Vanjaar is ’n besonderse jaar vir al drie instansies omdat die motorhandelaar sy 60ste bestaansjaar vier, De Hoop se skoolhoof, Wynand Cillié, beleef sy laaste interskole voordat hy aan die einde van die skooljaar die tuig neerlê, en Beaumont se nuwe skoolhoof, Dwain Brown, sal sy heel eerste interskole hier in die Kom ervaar. Rola Motors borg die interskole-byeenkoms al langer as twee dekades en ploeg só graag terug in die Helderberg-gemeenskap. Die interskole-aksie tref die Helderberg van Woensdag 23 tot Saterdag 26 Augustus. Op die foto is die laerskool-spankapteine saam met hul gelukbringers. Agter (van links) is Christiaan Fouché, Zachary Ribeiro, Charlotte Bouwer, Juan Basson, Janno Botha, Megan Bennie, Matthew Orwin. Voor: Willanie du Preez, Kayla van Schaik, Gizé Strydom, Ryan Horn, Roslyn Hebler, Nina Coetzee en Cameron Hodge.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article