Die Oak Tree- senior klub het Woensdag 13 November ’n lekker uitstappie na die Krystal Beach-hotel in Gordonsbaai onderneem, waar meer as 30 bejaarde lede van Firgrove die geleentheid gehad het om mekaar beter te leer ken en te gesels. Die klub streef daarna om ’n gemeenskap vir seniors in Firgrove te bou en hulle aan te moedig om saam deel te neem aan aktiwiteite, soos die besoek aan die Macassar-dagkliniek vir gesondheidstoetse. Van links staan Cornelia Samuels (voorsitter), Elizabeth Jacobs (adjunkvoorsitter), Rosaline Pietersen (addisionele lid), Amelia Daniels (tesourier) en Lorintha Coldberg (sekretaresse). Agter staan die addisionele lid Willem Pietersen.