Die Forward-stigting, in samewerking met die Help a Girl-veldtog, het Vrydag 5 Augustus ter viering van Vrouemaand (Augustus) sanitêre produkte aan leerders van Raithby Primêr oorhandig. Die produkte is as deel van ’n insamelingsinisiatief deur inwoners van die Stellenbosch-, Strand- en Raithby-gemeenskappe ingevorder en is deur Bianca Bezuidenhout, ’n Mej. Suid-Afrika 2021-finalis en ambassadeur van die Forward-stigting, en Abongile Abigail Kwaza, stigter van die Help a Girl-veldtog, oorhandig. Benewens dié twee sprekers wat die meisies aangemoedig het om aan te hou droom en vinniger vorentoe te beweeg, is die leerders die Moving Forward Faster-dans geleer. Janovon Appolis, liggaamsopvoedingonderwyser, het gesê: “Die gebrek aan sanitêre produkte bly ’n groot uitdaging vir baie meisies in Suid-Afrika. As die onderwyser vir liggaamlike opvoeding het ek gesien hoeveel leerders elke maand skool weens die gebrek aan sanitêre produkte misloop. Hierdie insameling van sanitêre produkte was ’n reusesukses aangesien ons meer as 1 500 pakkies aan Raithby Primêr kon skenk. Hierdie gebeurtenis het bewys wanneer ons saamwerk, kan ons almal Suid-Afrika vinniger vorentoe laat beweeg.” Kontak Le Roux Conradie by 084 240 2976 of info@forwardfounda


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article