Gemeenskap rol moue op

’n Groen vraghouer in Onverwacht-straat in die Beverly Hills-woongebied, wat glo weke laas deur die Stad Kaapstad se kontrakteurs gediens is, het in ’n oogseer ontaard. Wonder bo wonder het die Subraad?8-voorsitter, Chantal Cerfontein, asook ’n paar helpers uit die gemeenskap, die gemors voor die vraghouer verlede Maandag (4?September) opgeruim.