Badisa Strand, ’n maatskaplike welsynorganisasie in Rusthof, wat professionele maatskaplike welsyn- en ontwikkelingsdienste verskaf, het verlede maand (November) sy eerste suksesvolle gholfdag aangebied. Die fondsinsamelingsinisiatief is Sondag 27 November by die Fairview-gholfbaan in Gordonsbaai gehou en die geld wat op die dag ingesamel is, gaan aangewend word om Badisa se mees kwesbare klante te help. Badisa Strand wil elkeen bedank wat die gholfdag ondersteun het, asook die borge wat bygedra het tot die dag se sukses. Hier (van links) is van Badisa Strand se werknemers wat by die dag betrokke was: Mark Beukes, Hazel Botto, Leverne Orsen, Janis Lee van der Riet, Dorothya Cleophas, Faeeka Mourrats, Mathilda EIman, Brendyn Alloys en Shaleen Albertus.


You need to be Logged In to leave a comment.