Helderberg se Metodiste-kerke hou gesellige jeugsaamtrek

Die Metodiste-kerke van die Helderberg-kom se kinders en jeug het ’n saamtrek gehou waar jongmense gevier is. Die dag, wat oorspronklik op 16 Junie vroeër vanjaar moes plaasvind, is weens slegte weer in die wintermaand tot voorverlede Saterdag (28?Oktober) uitgestel.

Die Metodiste-kerke van die Helderberg-kom se kinders en jeug het ’n saamtrek gehou waar jongmense gevier is. Die dag, wat oorspronklik op 16 Junie vroeër vanjaar moes plaasvind, is weens slegte weer in di?0 wintermaand tot voorverlede Saterdag (28 Oktober) uitgestel. Die geleentheid is afgeskop met ’n staptog van die Metodiste-kerk in Coronation-laan tot by Somerset-Wes Primêre Skool, waar sport insluitend toutrek, raakrugby en verskeie boeresporte aan die order van die dag was. Coulette Kennel, die koördineerder van die Metodiste-kerk se jeugsaamtrek, sê die Wes-Kaapse bataljon – beter bekend as die seunsbrigade – het die musiek op die dag verskaf. “Ons het in goeie samesyn alles gedoen. Ons het die oggend mooi begin en die middag mooi afgesluit,” sê Kennel. Foto: Chantel Hendricks

Credit: SYSTEM