Twee Helderbergers, dr. Bernhard Ficker van Somerset-Wes en ds. Coligny Nel van Strand, is verlede Maandag (6 Februarie) genooi om die gesamentlike sitting van die twee huise in die Parlement, die Laerhuis en die Nasionale Raad van Provinsies, in die Kaapstadse stadsaal by te woon. Die geleentheid is ter herdenking van dr. Frene Ginwala, die eerste speaker van die Parlement in die nuwe demokratiese bestel, gehou. Woordvoerders uit elke party het hulde aan die ontslape Ginwala gebring. Die plaaslike inwoners het by die geleentheid kennis gemaak met verskeie parlementslede en die geleentheid gebruik om die boek Basiese Bybelstudies, uitgegee deur HomebaseTV, aan sommige van die parlementslede uit te deel. Baie parlementslede het die besoekers gevra om vir hulle te bid terwyl hulle hard werk om aandag te gee aan die besonderse uitdagings wat hulle tans in die gesig staar. Van links is dr. Bernhard Ficker met Basiese Bybelstudies, die ACDP-parlementslede Wayne Thring en Marie Sukers, en ds. Coligny Nel.


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article