Veels geluk aan Strand Hoërskool-dansers Christo Thiart, Linke Thiart, Karli van der Merwe, Mieke Carr en Eldine Weir! Al vyf het so goed by die Dance World Cup in Centurion presteer dat hulle genooi is na die wêreldkampioenskappe in Portugal. Hulle het goud gekry vir Lyrical (groep), Hip-Hop (groep), Show Dance (groep) en Street Dance (groep). Al vyf het ook silwer- en bronsmedaljes gekry vir verskeie groepkategorieë. Hulle het ook deelgeneem aan die nasionale World Lyrical Dance Federation-kompetisie. Weer het die vyf so goed gevaar dat hulle na die wêreldkampioenskap in Dublin, Ierland genooi is. Strand Hoërskool is veral beïndruk met Christo Thiart wat ’n eersteplektrofee vir sy Lyrical-solo gewen het en Mieke Carr wat drie eersteplektrofeë vir haar Akrobatiese, Jazz en Lyrical solo’s verower het. Sy het ook ’n spesiale toekenning vir “Foutlose Opvoering” gekry.


You need to be Logged In to leave a comment.