Plaaslike jongelinge wat Saterdag (17 Junie) se jeugwerksessie in Strand bygewoon het, het die geleentheid gekry om met die geliefde Suid-Afrikaanse akteur Cedwyn Joel skouers te skuur. Hy is veral bekend vir sy rol as die kroegman Sonny Jacob in die destydse SABC 1-sepie Generationsen meer onlangs vir sy hoofrol as AB Samsodien van kykNET se Suidooster-faam. Jeugdiges is by die geleentheid, wat deur Serving Our Underprivileged People (Soup) en Boland Islamic Council Women’s League (BICWL) in die saal van die Dr. G.J. Joubert Primêre Skool aangebied is, ook deur die Helderberg se veteraan-krieketster Abdul Aziz Temoor toegespreek. Hy is onlangs gekies om die SA Proteas se o.40-span by die Wêreldbekertoernooi in Maart te verteenwoordig. Saam met die rolmodelle is Tashreeqa Cupido, Mahdee Suleman en Haalah Green. Foto’s: Jamey Gordon


You need to be Logged In to leave a comment.