Twee van Kadoshi Judokwai se judokas is Afrika se Kata-kampioene in Goshin-Jutsu, ná hul deelname in Mauritius op Saterdag 6 September.

Jean en Charl du Toit,
Jean en Charl du Toit,

Jean en Charl du Toit, wat in die Suid-Afrikaanse nasionale kompetisie vroeër vanjaar goud verwerf het, het Suid-Afrika en Kadoshi Somerset-Wes se naam hoog gehou toe hulle weer eens goud vir Goshin-Jutsu kata verwerf het.

Kadoshi is vreeslik trots op sy judokas en hul wonderlike prestasies.

Jean en Charl du Toit saam met Ilse Reyneke (spanbestuurder) by die Afrika Kata-kampioenskap in Mauritius. Al drie is Kadoshi-judokas.

You need to be Logged In to leave a comment.