Kar-winkelier geskiet en beroof

’n Klagte van poging tot moord is by die Strand-polisie aangemeld nadat ’n 45-jarige man, wat goedere uit sy motor verkoop, deur drie rowers deur die kaak en linkerskouer geskiet is voordat hy beroof is. Die voorval het Donderdag (30 November) teen omstreeks 14:30 op die hoek van Nautilusstraat en Gordon’s Bay-rylaan in Southfork plaasgevind.