’n Klagte van poging tot moord is by die Strand-polisie aangemeld nadat ’n 45-jarige man, wat goedere uit sy motor verkoop, deur drie rowers deur die kaak en linkerskouer geskiet is voordat hy beroof is. Die voorval het Donderdag (30 November) teen omstreeks 14:30 op die hoek van Nautilusstraat en Gordon’s Bay-rylaan in Southfork plaasgevind. Volgens die Strand-polisie is die slagoffer van ’n onbekende hoeveelheid geld, ’n lugtyd-masjien, lugtyd en sigarette beroof. Net een skoot is afgevuur en die polisie is steeds op soek na die drie onbekende verdagtes. Die slagoffer sterk nog aan ná die aanslag op sy lewe. Foto: Rick Marais