Die “Incredible Dog Show” het Vrydag 24 Februarie ’n vertoning by Klein Lochieland in die Strand gehou. Die maatjies het hulle verkyk aan hoe “kollerige, wollerige en skaaphonde” wat ongelooflike toertjies doen, want hierdie honde is amper slim genoeg om self Klein Lochieland toe te gaan. Die moontlikheid van ’n hondjieklas sal by ’n volgende skoolvergadering bespreek word. Intussen is honde oor die Strand heen dankbaar dat naweke net twee dae lank is, want hulle moes hele naweek lank toertjies doen. Bo is Lloyd Bristow, wat geprys word vir die ongelooflike liefde en geduld waarmee hy sy honde hanteer. Die toertjies wat die honde uitvoer, verg heelwat inspanning van Lloyd en hy put baie genot daaruit, terwyl die vierpotige vriende slegs oë het vir hul mense-pa.Foto:


Hierdie hond kan baie hoog spring om enigiets te vang wat sy kant toe gegooi word. Foto:

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article