Jodi Koul van Helderberg verloor die bal soos hy deur ’n Maties-spelers vasgevat word.Foto: Mark Ward


’n Versterkte Maties-studentespan het die WP se Superliga A-eindron­de Saterdag (23 September) op City Park in Athlone in gure, winderige weer met 28-13 geklop.

Maties het uiteindelik vier drieë gedruk en Helderberg twee. Die studente was binne vyf minute ná die afskop voor ná ’n verdoelde drie (7-0).

Tien minute later het die Helderberg-skrumskakel, Michael Visser, sy span se rekening met ’n strafdoel geopen (7-3).

Die aksie was baie gelyk vir die res van die helfte totdat die Maties in die 34ste minuut ’n tweede verdoelde drie aangeteken en die rustydtelling op 14-3 te staan gebring het.

Tien minute ná die hervatting het Maties se skrumskakel agter die pale gaan druk vir ’n maklike doelskop (21-3). In die 66ste minuut het Berge se puik slot, Shane Kennedy, ná ’n voorspelerstormloop gaan druk (21-8).

In die 71ste minuut het Berge se heelagter, Jeandre Lukas, ’n opwindende drie in die hoekie gaan druk (21-13). In die doodsnikke van die stryd het die studente hul vierde drie gekry om die wedstryd 28-13 te wen.

Hierdie was die laaste vyftienman- rugby van die jaar. Nou lê die WP se seweskompetisie voor, en almal wag in spanning

Lin Beukes en Kyle Leibrandt bestuur Helderberg Rugbyklub se sewesspan.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article