Komediant kuier in die Kom

Die welbekende vermaaklikheidster Casper de Vries het Maandag (30 Oktober) ’n Kaapse draai in die Strand gemaak en gehore by The Drama Factory met sy nuwe produksie, Casper de Vries – Semi-Lewendig laat skater van die lag.