Die bekroonde Suid-Afrikaanse rymkletser Early B is een van vyf kunstenaars, onder wie Dawid Minnaar, Refentse Morake en Magdaleen Krüger, wat vir hul bydrae tot die 27ste KKNK-fees, wat van Saterdag 1 tot Sondag 9 April in Oudtshoorn plaasvind, vereer word. Vanjaar se KKNK-feesprogram bied iets vir almal se smaak. Feesgangers by dié familiefees, wat deur Absa geborg word, kan uitsien na meer as 30 debuutwerke en ook ’n keur van die beste produksies van die afgelope jaar by ander feeste en teaters. In die Feesmark kan feesgangers musiek van hul gunstelinge op die verhoog geniet en tussenin deur die kuns- en kosstalletjies wandel. Die eerste KKNK-feeswinkel swaai sy deure oop, waar pragtige handgemaakte geskenke en aandenkings gekoop kan word. In Liplekker kan heerlike deli-produkte en drinkgoed geproe en gekoop word en die jongspan kan die adrenalien van die mallemeule geniet. Om alles af te sluit, bied die kroeë op dié terrein welkome lafenis teen die Klein Karoo-hitte. Kaartjies is aanlyn beskikbaar by Webtickets of jou naaste Pick n Pay. Vir meer inligting of ’n volledige feesprogram, besoek die KKNK se webblad by www.kknk.co.za of kontak die kantoor per e-pos by info@kknk.co.za, stuur ’n WhatsApp na 065 285 2337 of skakel 044