Dis weer tyd vir lekker skaterlag met die komedie Laerskool Noord met van die land se voorste komediante by The Drama Factory in Strand. Die produksie is Saterdag 1 April om 19:30 en Sondag 2 April om 16:00 op die planke by dié plaaslike teater. Laerskool Noord se leuse is “Kyk noord en stoot voort”, maar in hierdie lekkerlag-produksie is dít alles behalwe die geval. Drie onderwyseresse beplan ’n verrassingsafskeidspartytjie vir die skoolhoof se aftrede. Tussen die netbaljuffrou, Zelda de Wet, se vreeslose fluitjie, Bets du Preez se dramatiese deurmekaar administrasie en kaftans en die sorgelose Marietjie, wat probeer om die wit vlaggie van vrede te laat wapper en met haar glitter-stickertjiesen sticky notes seëvier, is hierdie personeelkamer ’n tikkende tydbom. Boonop gaan “meneer” enige oomblik aankondig wie by hom as die nuwe hoof van die skool gaan oorneem. Kan dit een van hulle wees? Van links is Neels Coetzee, Margit Meyer-Rödenbeck, Ilne Fourie en Marion Holm, wat in die komedie te sien is. Gideon Lombard behartig die regie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article