Hierdie dagbreek-palet is onlangs deur die Helderberg se wyne1ngel en kranige amateurfotograaf Cobus Germishuys afgeneem.
Die komplekse kleurnotas van diep granaat, ryp appelkoos en wilde bessies dans oor die Strand-horison in hierdie uitsonderlike sonsopkoms, wat nog lank in die gemoed sal bly.

MIK, DRUK EN DEEL!
Is jy ‘n entoesiastiese fotograaf wat altyd jou kamera gereed het om ‘n pragtige toneel of spesiale oomblik vas te vang? DistriksPos & Helderberg Gazette nooi jou uit om jou foto’s met ons te deel vir moontlike publikasie!
Foto’s moet minstens 500 KB wees en na [email protected] gestuur word.




