'n Tagtigjarige man, wat aanklagte van onder meer moord in die gesig staar, is borgtog toegestaan ​​ná twee dae in die hof.
‘n Tagtigjarige man, wat aanklagte van onder meer moord in die gesig staar, is borgtog toegestaan ​​ná twee dae in die hof.

Die twee dae lange borgtogaansoek van die 80-jarige man van Kroonstad wat saam met sy 16-jarige kleinseun teregstaan op vyf verskillende aanklagte wat onder meer moord insluit, is laat Vrydagmiddag 5 September afgehandel.

Die man is op borg van R15 000 vrygelaat.

Die 16-jarige kleinseun het reeds Woensdag 3 September in die hof verskyn en is in sy ouers se sorg vrygelaat.

Hulle word onderskeidelik aangekla van moord, poging tot moord, regsverydeling en die afvuur en die rig van ‘n vuurwapen in die openbaar.

Die staat het getuienis geroep om die borgaansoek teen te staan en aangevoer dat dit vir die beskuldigde se eie veiligheid is dat hy nie borg kry nie.

Die ingang na die gedeelte van die plaas, waar die liggaam van ‘n jongman deur die polisie in Augustus gevind is
Die twee beskuldigdes in die saak waar die liggaam van ‘n jongman op ‘n plaas buite Kroonstad opgegrawe is, is in Kroonstad landdroshof borg toegestaan. Die ingang na die gedeelte van die plaas, waar die liggaam van ‘n jongman deur die polisie in Augustus gevind is. Foto:Madli Grobbelaar

Dit blyk dat die 25-jarige Thabo Mashea van Moakeng, Kroonstad, wat op Vrydag 11 Julie, as vermis aangemeld is, die oorledene is – DNS-toetse en ander bewyse is deur die ondersoekbeamptes aangevra om dit te staaf.  

VrystaatKroon het einde Julie berig dat Mashea 5km buite Kroonstad op pad na Welkom, op Vrydag 11 Julie vermis geraak het. 

Die liggaam van die jongman is op die beskuldigde se plaas in Augustus langs die treinspoor in ‘n diep sloot wat toegegooi was, deur die owerhede opgegawe.  

Die 80-jarige beskuldigde was met vakansie toe die polisie die liggaam op sy plaas opgegrawe het nadat hulle ‘n wenk uit die gemeenskap ontvang het.

Landdros Tseko Komane het die borgaansoeke in die Kroonstadse landdroshof aangehoor.  Die identiteit van die man word weerhou om sy minderjarige kleinseun se identiteit te beskerm.

You need to be Logged In to leave a comment.