Marie Louw-inwoners word bederf

Die Helderberg-tak van Helpende Hand asook kinders van Ons Plek Strand het onlangs inwoners van Huis Marie Louw met wafels bederf.

Die Helderberg-tak van Helpende Hand asook kinders van Ons Plek Strand het onlangs inwoners van Huis Marie Louw met wafels bederf. Inwoners wat rolstoele gebruik, is na die geselligheid genooi. Ons Plek se kinders het die geleentheid gebruik om vir Huis Marie Louw se inwoners te sing. Helpende Hand nooi mense wat as vrywilligers betrokke wil raak, om ’n e-pos na alisha@helpendehand.co.za te stuur. Op die foto is Marilize de Vaal (Helpende Hand), Alisha de Lange (streekorganiseerder van Helpende Hand Wes-Kaap), Cornelie Prins (vrywilliger), Simone Botha (voorsitter Helpende Hand Helderberg), Marinda Bishop (ondervoorsitter Helpende Hand Helderberg) en Joey Lotter (bestuurder Ons Plek Strand). Foto:

Credit: SYSTEM