Opgewonde Parel Valleiers het Vrydag (19 Januarie) in spanning vir hul uitslae gewag! Die 2023-matriekklas van die Hoërskool Parel Vallei in Somerset-Wes, wat uit 254 kandidate bestaan, het PV se konstante strewe na Blue Thread-uitnemendheid gehandhaaf. Die skool pronk met 70 A-kandidate, ’n 93,3%-Baccalaureus-slaagsyfer en 578 vakonderskeidings. Die skool se top-100-kandidate het ’n gemiddelde van 80,83% bereik. Die skoolbestuur, onderwysers, ouers, PV-unie en beheerliggaam is trots op die matrikulante! Op die foto saam met die skool se gelukbringers, Butch en Bella, (agter, van links) is Landi du Plessis, Chloë Dippenaar, Jéan Durand, Abigayle de Kock en Liam Dickson. Voor: Jani Kotzé, Juanita Nieman, Tristan Lessingh, Skye Eckstein, Dalene Meyer en Dehanté van der Bank.


You need to be Logged In to leave a comment.