Die Strand-gemeenskap is besig om letterlik pienk te word nadat hulle uitgevind het kanker is by die vyfjarige Mia-Miri Wessels gediagnoseer.
Mia-Miri se gesin se hele lewe is op Vrydag 15 Augustus omgekeer toe die dokter gesรช het: “Leukemie is by jou dogter gediagnoseer.”
Daardie oomblik was soos ‘n hamer wat ons lewe in ‘n duisend stukke geslaan het,
sรช Mia-Miri se ma, Amarynka (34).
Voor haar diagnose was Mia-Miri, ‘n November-baba met die krag van ‘n skerpioen, ‘n klein avonturier wat goggas en klippies versamel het.
“Sy is gemaak om in die son te hardloop, nie om deur pyne en hospitaalbeddens vasgevang te wees nie,” sรช haar pa, Stephan (34).
Sedert haar diagnose sukkel Mia-Miri om te praat en voel sy bang. “Ons meet nou ons dae aan bloedtoetse, chemo-sessies en hospitaalopnames,” verduidelik Amarynka.
Een van die gesin se uitdagings is die finansiรซle las, aangesien hul siekefonds beperk is.
Maar die grootste uitdaging bly om ons kind se pyn te aanskou,
sรช Stephan.

Die diagnose het ook haar suster, Merieke (8), geraak. “Sy het ons stil helper geword,” sรช Amarynka.
Hierdie hartseer het Klein Lochieland, Mia-Miri se pre-primรชre skool in Strand, gemotiveer om hul eie angel teen kanker te wys. Die skoolhoof, Maritha Human, beskryf Mia-Miri as ‘n:
liewe, stil, saggeaarde meisietjie.
Die skool het besluit om saam met Pink Trees for Pauline, ‘n organisasie sonder winsoogmerk en vir kankerbewustheid, te werk om Mia-Miri te ondersteun. “Ons koop die pienk materiaal by hulle en verkoop dit teen ‘n wins. Die materiaal word om bome gedraai,” sรช Human.
Teen Woensdag 1 Oktober het die skool al meer as 100 meter materiaal verkoop en die bome rondom die skool is in pienk gedrapeer.

Human glo “elke kind by Klein Lochieland maak saak!” Die skoolhoof het belowe die skool sal die Wessels-gesin bystaan totdat Mia-Miri terug is.
Die Wessels-gesin is oorweldig deur die liefde wat hulle ontvang. “Mense wat ons skaars ken, bid vir ons,” sรช Stephan.
As jy wil help dat hierdie klein skerpioen terug kan steek teen kanker, kan jy materiaal by Klein Lochieland koop teen R40 per meter of ‘n 50m-rol vir R2 000. Jy kan dan ‘n boom of hek vir Oktober toedraai.
Deel foto’s op sosiale media en tag Klein Lochieland, Pink Trees for Pauline en Little Lionheart Mia-Miri.
๏ฎ Bel die skool by 021โ854โ8592 in gewone skool-ure of stuur e-pos na [email protected] vir inligting.



You must be logged in to post a comment.