’n?Voertuig wat Maandagmiddag (23 Januarie) omstreeks 16:00 voor die plaaslike FNB-tak in Hoofweg in Strand gesteel is, is etlike ure later in Firgrove afgetrek. Die verdagte wat glo die wit GWM Florid gesteel het, is deur beamptes van Gordon’s Bay Security (GBSec) in Broadway-boulevard gewaar en is toe deur sekuriteitsbeamptes agtervolg en op die R102-pad in Firgrove afgetrek. Volgens Heyns de Waal, bedryfshoof van GBSec, is die verdagte teen 18:50 deur sekuritietsbeamptes afgetrek. Macassar-polisie is van die verdagte verwittig en het hom in hegtenis geneem.


You need to be Logged In to leave a comment.