Hierdie omgee-mense was deel van ’n groter groep wat geld ten bate van Marno Muller, die kleuter wat wonderbaarlik ’n glyplank-ongeluk oorleef het, help insamel het. Die geleentheid het Saterdag 25 Junie by Easy2Swim in Firlands plaasgevind en R11 000 is ingesamel. “Die geld is aan Hemelse Pêrels oorgemaak,” het die organiseerder Illze Truter, wat as ma van ’n vyfjarige seuntjie diep geraak is deur Marno se voorval en as gevolg van haar moederhart verplig gevoel het om te help, gesê. “Ons wil net dankie sê aan ons borge en almal wat die dag saam met ons deurgebring het.” Foto: Jamey Gordon


You need to be Logged In to leave a comment.