Oos wes, tuis bes!

Sir Lowry’s Pass se Blitzbok-ster Gino Cupido het ná sy uitstekende spel teruggekeer na sy plaaslike gemeenskap en die afgelope Saterdag (5 April) ‘n spesiale erkenningsgeleentheid as eregas van die “Bom-squad” bygewoon.


Sir Lowry’s Pass se Blitzbok-ster Gino Cupido het ná sy uitstekende spel teruggekeer na sy plaaslike gemeenskap en die afgelope Saterdag (5 April) ‘n spesiale erkenningsgeleentheid as eregas van die “Bom-squad” bygewoon. Dié jong rugbytalent het vir die geleentheid na sy alma mater, Sir Lowry’s Pass Primêre Skool, teruggekeer waar hy saam met klein Elijah Hindley op die veld gedraf en die geesdriftige kleuter skopvaardighede gewys het. Die erkenningsgeleentheid was ter viering van die gemeenskap se rugby-legendes en oudspelers wat in die rugbywêreld ‘n indruk gemaak het (“‘Bom-squad’ huldig SLP-rugbyhelde,” DistriksPos & Helderberg Gazette, 9 April). Foto’s: Jamey Gordon.

You need to be Logged In to leave a comment.