Afriforum Strand Patrol se Operasie Natneus is die afgelope naweek as deel van hul nasionale patrollie (Vrydag 14 en Saterdag 15 Julie) uitgevoer. Die span het 1,7 ton hondekos, 90 kg kat-kos, 40 kg hamster-kos, 30 kg voëlkos, 10 kg papegaaikos asook 30 komberse, vlooipoeier, halsbandjies en speelgoed tydens die versameling ontvang. Die kos en goedere is aan verskeie dierewelsynorganisasies insluitend die Animal Welfare Society (AWS) Helderberg en PetPals geskenk. Strand Patrol bedank alle borge, onder andere Michele Kruger Home Loans, Darnoc Electrical, Krumit Plumbing, Groler Construction, Dogs Day Out, 1 Day Painters, Twin Palms Spar, Bob Martin, Afriforum-hoofkantoor en almal wat hul hand in die sak gesteek het ter ondersteuning van die inisiatief. Foto: Jamey Gordon


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article