Die voortslepende bendegeweld in Strand het die Strand Community Concern Group die afgelope Donderdag (14 Desember) genoop om besoeke af te lê aan die Strand-polisie sowel as die Strand-landdroshof om hul misnoeë uit te spreek oor onskuldige mense wat hul lewe aan die hand van bendes verloor. Memorandums is ook aan die hof en die polisie oorhandig, want die groep is ontevrede oor die reg- en strafstelsels wat na hul mening die inwoners van Strand faal. Die groep het ook aan ’n vreedsame betoging onder die wakende oë van die openbare orde-polisie deelgeneem. Op die foto ver regs staan Zorah Motasi, die stigter van Vroue in Aksie-beweging, wat ook deel is van die groep saam met vroue van Strand wat moeg is vir misdaad. Foto: Rick Marais