Die veldtog vir 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders, wat onder die slagspreuk “Shout it out!” plaasvind, het Vrydag (2 Desember) goeie aftrek in Broadlandspark gekry. Verteenwoordigers van Badisa Strand, die Strand-polisie, veiligheidsmaatskappye en buurtwagte het hul ondersteuning getoon vir die kwesbaarste mense in ons samelewing – vroue en kinders wat die meeste in geslagsmisdade geteiken word. Foto: Rick Marais