Die Strand-gemeenskap het Saterdag (4 Oktober) die eerste stap geneem om kinders met outisme beter in te sluit deur ‘n bewusmakingsessie wat deur die Autism Parents Support Group aangebied is.

Die sessie is by die Iqra-leersentrum in Hammondstraat gehou, met die doel om deelnemers ‘n oorsig van plaaslike ondersteuningsgroepe, terapiedienste en gemeenskapsprogramme te bied.
Verteenwoordigers van Autism Western Cape (AWC), Ziyanda Runu en Roshanna Hugo, het ‘n inleiding tot outisme gegee en ‘n oorsig van die organisasie en hul dienste verskaf.
AWC poog om ‘n samelewing te skep wat individue met outisme aanvaar en insluit deur mense met outisme, hul families en die samelewing op te voed en te bemagtig.
Maak gerus gebruik van ons dienste by die AWC, want ons is daar om onder- steuning te bied aan diegene wat dit nodig het
het Runu gesรช.

Shelby Weyer, ‘n arbeidsterapeut by Et al Terapie-en-leersentrum in Somerset-Wes, was daarna aan die beurt. Sy het insig gegee in terapieรซ, intervensies en ondersteuningstrategieรซ vir kinders met outisme.
Die sentrum bied terapeutiese dienste aan kinders met outisme en hul families deur middel van ‘n interdissiplinรชre benadering.
Ons kan nie verwag dat ons kinders aanpas by ‘n wรชreld wat nie vir hulle gebou is nie
het Weyer gesรช.

Chanel Baumgarten, ‘n direkteur by Ernie Els vir Outisme, het onderwerpe soos outisme, gedrag, outisme in die klaskamer en insluiting behandel. Ernie Els vir Outisme fokus op die transformasie van lewens van mense met outisme deur lewenslange dienste en samewerkende vennootskappe.
Outistiese kinders pas altyd in ons wรชreld in โ hoekom kan ons nie in hulle s’n inpas nie?
het Baumgarten gevra.

Megan Meyer en Lana Newman van die ondersteuningsgroep het die aanbiedings afgesluit. Hulle het oor hul geleefde ervaring as ouers van outistiese kinders gepraat.
Die sessie is deel van die ondersteuningsgroep se missie om ‘n platform te skep waar families hul ervarings kan deel. Hulle kan bevestiging en ondersteuning vind en betekenisvolle verhoudings bou.
Rahkeenah Peters het nรก haar dogter se diagnose ‘n WhatsApp-groep in 2023 gestig. Sy het die groep begin omdat sy ander ouers in die Helderberg, wat op dieselfde lewensveranderende reis is, wou betrek. Dit is ‘n platform waar lede veilig en sonder oordeel ervarings, frustrasies en gedagtes kan deel.

Die groep het die afgelope twee jaar uitgebrei. In April het hulle hul eerste pretdag vir kinders met outisme in Strand gehou, wat tot hierdie eerste werksessie gelei het.
“Ek het besef dat die ouers baie afgesonder is en selfs in die groep nie met mekaar kommunikeer nie, dus wou ek almal bymekaarkry sodat ons mekaar kan ontmoet,” het Peters verduidelik.
Hierdie soort werksessies sal help dat die gemeenskap bewus word van outistiese kinders, wat tot meer insluiting sal lei
Peters voeg by sy hoop om persepsies oor outisme binne die Helderbergkom te verander.



You must be logged in to post a comment.